Ons is 'n gawe- en diens-geörienteerde Gemeente wat glo dat ons Kerk toe kom om toegerus te word sodat ons die werk van Jesus op die markplein kan gaan uitleef.
"Die Kerk is nie 'n diensstasie waar mense heen kom om gediens te word nie, dis 'n plek waar mense heen kom om toegerus te word vir hul werk in die Koningkryk"
"Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genadgenade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid."
“In alles het ek vir julle gewys dat 'n mens deur hard te werk, die swakkes moet help, en die woorde van die Here Jesus moet onthou toe Hy gesê het, 'Dit maak 'n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang'."
Handelinge 20:35