Toerus & Groepe

Iemand het een keer gesê:

"Die Kerk is nie 'n diensstasie waar mense heen kom om gediens te word nie, dis 'n plek waar mense heen kom om toegerus te word vir hul werk in die Koningkryk"

Deur die toerustings geleenthede en geestelike groepe poog ons om 'n omgewing te skep wat benewens die Eredienste juis hiervoor voorsiening kan maak . . .

Toerusting

Veritas Bybelskool

Ons Bybelskool word jaarliks aangebied deur Ds Andre Orfer. Skakel gerus in by hierdie besonderse toerustingsgeleentheid.

Caritas

By Caritas poog ons om mense spesifiek toe te rus vir hulpverlening aan behoeftiges. Dit sluit almal in wat kan baatvind by 'n ander se omgee soos bejaardes, minder bevoorregtes, siekes of enige iemand wat dalk net 'n skouer of 'n drukkie mag nodig hê.

Huweliks Verryking

Ook 'n toerustings geleentheid wat jaarliks aangebied word vir egpare in enige stadium van hul huwelik. Gelukkig getroude pare vorm die anker vir families wat saam vir die Koningkryk werk.

Leer- & Aktuele Sake

By Leer- & Aktuele sake streef ons daarna om aktuele sake Evangelies beter te verstaan m.b.t die Woord. Dit sluit ook in die bestudering van dokumente, boeke, sosiale media en ander skrywes.

Groepe ...

Sel Groepe

Verskeie sel groepe om by in te skakel wat weekliks plaas vind. Daar is ook 'n sel groep vir jong mense.

Vroue Bybelstudie

Ons bied ook geleentheid vir die susters van die Gemeente om saam Bybelstudie te doen onder leiding van Ds André.

Wild@Heart Mannegroep

Die manne kom Vrydae 06h00 by die altaar byeen vir gesels oor manne-dinge met die Woord as basis. Soms gaan doen ons sommer wille dinge soos om in die veld uit te slaap. Die groep bied ook geleentheid om saam te help waar daar nood is in die gemeenskap.

NG Kerk
Oudtshoorn-Wes

Hoek Van Tuin- en Buitekant Straat
Wesbank
Oudtshoorn
6625
Weskaap
Suid-Afrika

+27 (0)44-272-3414

admin@odnweskerk.org.za