"6Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid. Romeine 12:6-8"
Waar kan ek help?
Gebed
Gebed is die "Enjinkamer" van die gemeente. Gebed as lewensreis vind plaas vanuit ‘n diepe liefdesverhouding met God ons Vader, geïnspireer deur die Heilige Gees. Bestuurslede en heelwat lidmate is aktief betrokke by die volgende gebedsgroepe en aksies:
- 24 uur Gebedswag - Stil word in die natuur - Gebedslyn: Whatsapp - Gebed voor Erediens - Gebedsuitreike - Gebedstuine
Linda Prins
lprins107@gmail.com
082 534 4607
Erediens
Die Erediens/te vorm die kern van ons toerustings-geleenthede, maar gaan ook gepaard met heelwat funksionele aspekte om elke geleentheid vlot te laat verloop. Kinders is ook welkom om te help. - Verwelkoming - Bank en deur kollekte - Sakramente - Musiek/Sang reëlings - Multi-media - Klank - Dekor
John Fullard
johnf@inteligro.co.za
082 873 4000
Gemeente
Tit 1:1-2
"1Maar jy, verkondig jy wat pas by die gesonde leer. 2Ouer mans moet nugter wees, waardig, verstandig – gesond in geloof, liefde en standvastigheid."
Dié bediening se funksie om lidmate te begelei tot geloofsekerheid en tot kennis van die waarheid. Ons fokus is daarom op ‘n proses van “Geloofsgroei tot Dissipelskap”.
In lyn met die “groot opdrag” (Mat 28:19), is ons direk betrokke by die uitdra van die Woord na buite die Gemeente. Die fokus is plaaslik in die Oudtshoorn omgewing, asook nationaal en internationale omgewings. - Nagskuilings -"Taxi Rank" -Gemeenskappe soos Bongolethu. -Uitreike in Suid Afrika. -Odersteuning van internationale sendingwerk.
Dawid Fourie
073 696 6242
david.fourie@mediclinic.co.za
Jeug
Families is die gemeente en gemeenskap se boustene. Hier bedien ons veral die jeug, maar met ‘n gesins benadering van betrokke ouers. Dis ‘n “geloofsgroei” proses van vóór skool tot Gr 12.
- Kinderkerk - Voorskool tot Gr 3 (Gedurende Erediens in die Kerksaal) - Gr 4 - 11 (Geloofsgroepe in die Kerksaal na die Erediens) - Jeugkampe
Almerie Venter
almerieventer1@gmail.co
079 158 9161
Nuwe Intrekkers
Ons fokus op die bou van 'n geestelike familie. Daarom wil ons nuwe intrekkers verwelkom en laat tuis voel.
- Verwelkoming - Funksies
Schalk Marais
schalkm@telkomsa.net
082 389 7785
Barmhartigheid
Ons bied deurlopend hulp en ondersteuning aan dié wat fisies en emosioneel swaar kry. Jou hulp hiermee sal baie welkom wees.
- Silver pluime funksies vir seniors (die 65 jr+ "klub") - Kospakkies vir behoeftiges - Sieke besoek
- Bystand/Berading - Klerebank: Bekostigbare Klere - Wins word vir barmhartigheid aangewend.
Ninnie Visser
ninnievisser77@gmail.com
082 771 4834
Gasvryheid
Ons fokus op kuiergeleenthede binne die gemeente waar ons saam kuier en mekaar beter leer ken.
- Tee/Koffie voor Erediens - Verversings by funksies
- Tee en verversings by begrafnisdienste.
Rulet Smit
rulet082@gmail.com
082 851 4332
Feeste
Die organisering en uitvoer van die Dankfees-geleentheid is die hooftaak van die bediening. Ons wil egter ook werk maak van die uitbou en uitbrei van ander Christen fees-geleenthede.
- Beplanning
- Paasfees - Pinkster/Hemelvaart - Kersfees - Potjiekos dag
Liesl Jonker
082 477 5667
liesl@opsa.co.za
Kommunikasie
Ons poog om binne ‘n diverse gehoor effektief te kommunikeer. Die doel is om elke lidmaat én buite gebruiker op gepaste wyse ingelig te hou oor gemeente sake en nuus. Munisipale en ander skakeling.