Wie Is Ons?

Ons is ‘n gawe- en diens-geörienteerde Gemeente wat glo dat ons Kerk toe kom om toegerus te word sodat ons die werk van Jesus op die markplein kan gaan uitleef. Dit kan gesien word in die samevatting van die Gemeente-missie:

“Geroep om in liefde te dien!”

 

Benewens die Eredienste bied verskeie toerustingsgeleenthede en geestelike groepe toegang tot voortgesette groei op dié gebied. Die Bybelskool, Leer- & aktuele sake en Caritas is voorbeelde van toerustings aksies terwyl Sel groepe, Bybel-studies en die Wild@Heart mannegroep weer voorbeelde van geestelike groepe is.   

 

Verder kan elke gemeentelid wat wil, inskakel by wat vir hom/haar na aan die hart lê, of waartoe hy/sy geroepe voel. Die bedieneings is:

Gebed, Erediens, Gemeente, Getuienis, Familie, Herlewing, Omgee, Gasvryheid, Feeste, Kommunikasie, Finansies, Eiendomme en Diensverhoudinge.

 

Die Gemeente is tans geseën met twee geestelike leiers wat ondersteun word deur ‘n leier-span (Kerkraad) wat saamgestel is uit die Bedienings voorsitters.

 

Hier word die hele Gemeente as een groot familie gesien en word daarna gestreef om Gemeente aktiwiteite te reël waar ons familie-wees kan ervaar. Gesinne word gemotiveer om self ook te fokus op die praktiese toepassing van geloofsvestiging en -groei nl:

Toewyding/Huisgodsdiens, Liefdevolle geloofsgesprekke, Dade van diens, en Tradisies

Ons Geestelike Leiers

Jan Marais

Predikant

jgmarais@mweb.co.za

082 924 9242

WhatsApp Image 2024-03-12 at 11.17.07

André Orffer

Predikant

orffer@xsinet.co.za

083 654 9583

Nadene

Nadene Storm

Skriba – Kerkkantoor

admin@odnweskerk.org.za

044 272 3414

NG Kerk
Oudtshoorn-Wes

Hoek Van Tuin- en Buitekant Straat
Wesbank
Oudtshoorn
6625
Weskaap
Suid-Afrika

+27 (0)44-272-3414

admin@odnweskerk.org.za

Bank Besonderhede:
ABSA Bank Oudtshoorn
Takkode: 632 005
Rekening Nr: 1120 5800 74
Tjek Rekening
NG Kerk Oudtshoorn-Wes